Long

Die hart se posisie ten opsigte van die longe (uit 'n ouer uitgawe van Gray's Anatomy)
Asemhaling deur gebruik van die diafragma.

Die long is 'n orgaan wat deel uitmaak van die asemhalingstelsel en koppelvlak met die bloedsomloopstelsel vir gewerwelde diere wat lug inasem. Die funksie daarvan is om suurstof vanuit die lug met koolstofdioksied in die bloed te ruil. Die proses wat hier plaasvind word respirasie of asemhaling genoem. Die meganisme waarvolgens longe respirasie moontlik maak word diffusie genoem. Daar is ook nie-respiratoriese funksies van die longe. Mediese terme wat verband hou met die longe begin gewoonlik met pulmo- vanaf pulmones, die Latynse woord vir longe.


Developed by StudentB